“Pres. Trump, bevry Hong Kong!”

Duisende inwoners van Hong Kong het Sondag in die stad ’n opspraakwekkende opmars gehad met baie Amerikaanse vlae en baniere en ’n “smeking” dat die VSA Hong Kong moet bevry.

Die optog wat in vreedsaamheid verloop het, is in skrille kontras met wat die polisie verwag het om te gebeur in die stad se lughawe waar hulle streng kontrole uitgevoer het oor wie toegelaat word om die geboue in te gaan.

Die Amerikaanse vlae, en ie beroep wat op President Donald Trump gedoen is om die stad te bevry van Sjinese oorheersing, is een van die aktiviste se mees oorspronklike verset optogte en wek wye internasionale belangstelling terwyl die kommunistiese Sjina in verleentheid is oor die vreedsame optog.

Die polisie het magteloos gestaan en toekyk hoedat duisende optog gangers die subtropiese son trotseer onder beskerming van hul sambrele en die vertoon van honderde “Sterre en Strepe”.