Premier Johnson se eerste neerlaag

Britse parlementslede het die Eerste Minister, Boris Johnson, sy eerste nederlaag toegedien deur ’n stemming af te dwing wat hom verbied om die Verenigde Koninkryk sonder ’n skeidings ooreenkoms met die Europese Unie op 31 Oktober uit te tree.

Die regerende Konserwatiewe Party het die stemming verloor met 328 teenoor 301 stemme, en daarmee die premier se grootpraat belofte van uittrede op 31 Oktober, nek omgedraai.

Sy teenstanders, wat die rebelle genoem word, se oorwinning het ook die gevolg dat Boris Johnson genoodsaak sal wees om ’n verkiesing aan te kondig, en hy wil die verkiesing hou voor 31 Oktober.

Indien het ’n verkiesing wil aankondig, kan die parlement hom weer kortwiek deur ’n ander datum vas te stel  wat waarskynlik in November sal wees.

Die Vryburger het tydens die verkiesingsveldtog van Johnson daarop gewys dat sy belofte van uittrede op 31 Oktober nie haalbaar is nie, en nou wil dit lyk of sy plan vir ’n verkiesing op 14 Oktober, ook nie gaan realiseer nie.