Prasa verloor dalk 13 lokomotiewe

Die Afro-4000

Die dertien lokomotiewe wat nie geskik is om op die Suid-Afrikaanse spoor netwerk te ry nie omdat die ruse masjiene te hoog is, word nou ’n dispuut oor wie se eiendom dit is.

Die 13 Afro-4000 lokomotiewe se eienaarskap is nou in die weegskaal en Prasa sal moet veg om hulle sy eiendom te maak, het ingeligte bronne gesê.

Die uitermatige duur lokomotiewe het opspraak verwek toe dit bekend geword het dat hulle te hoog is om op sekere spoorlyne te beweeg, waarvoor hulle juis aangekoop is.

Die bedrag van R2,6 miljard is ter sprake en sal waarskynlik in die hof beslis moet word wie van Prasa of Swifambo die eienaars is.