Polisie moet betaal vir arrestasie

Die Grondwethof het beveel dat die Minister van Polisie R300,000 plus rente sedert 2012 aan Brian de Klerk moet betaal vir ’n onregmatige, onwettige, arrestasie.

n Persoon het De Klerk verkla al sou hy die klaer gestamp het en hy derhalwe beseer is, en die polisie het besluit om op sterkte daarvan vir De Klerk gearresteer.

Die wet bepaal dat ’n persoon binne 48 uur in die hof moet verskyn, maar De Klerk is langer in aanhouding gewees sonder om geleentheid te kry om sy saak te stel.

Hy was ook nie die geleentheid gegee om met sy eerste verskyning in die hof, aansoek te doen vir borg nie, en moes terugkeer na die selle.

Hy het na afloop van die gebeure besluit om die Minister van Polisie te dagvaar, en die regter het hom geleentheid gebied om sy saak te stel, en daarna beveel dat die polisie moet opdok.