Pole bestel 32 vegvliegtuie

Die Departement van Verdediging in die VSA het goedkeuring gegee om die voorgestelde transaksie van 32 Lockheed Marin F-35 vegvliegtuie aan Pole te lewer.

Die transaksie, wat $6,5 miljard beloop, sal Pole se bydrae tot die versterking van Navo aansienlik verhoog, veral weens die land se ligging om Russies aggressie teen te staan.

Gedurende April vanjaar het die Amerikaanse Pentagon die Kongres ingelig dat so ’n transaksie oorweeg moet word ten einde die Navo magte se slaankrag te verbeter.

Navo kan ook aansienlik versterk word indien lande soos Griekeland, Roemenië, Spanje en Singapore hulle lugmag en weermag toerusting sou opgradeer.