Plunderaars besteel winkels

Benewens die oproerige voorvalle in Pretoria, het plunderaars ook in Johannesburg begin om hulleself te verryk deur winkels te beroof.

Tientalle winkels, wat glo an buitelanders behoort, word sedert die naweek elke dag beroof en geplunder.

Die plunderaars het verskeie winkels se glas gebreek om die toegesluite winkel binne te gaan en duisende Rand se voorraad gebreek of weggedra.

Die oproer in Pretoria het tot geweld gelei toe ’n taxi bestuurder wou voorkom dat ’n dwelmsmous sy gifstof aan ’n onskuldige man wou verkwansel warna die taxi bestuurder doodgeskiet is.

Die geweld wat daarna gevolg het, spruit uit die voorval toe bewerings gemaak is dat die dwelmsmous ’n uitlander is, en nou het die onluste oorgespoel na Johannesburg terwyl polisie maar redelik apaties staan teenoor alles.