Peru verbied onwettige immigrante

Die regering van Peru het besluit om sy grense met Ecuador se sekuriteit op te skerp om te voorkom dat onwettige immigrante die land binnestroom.

Die strenger maatreëls volg nadat Venezuela sy toelatingsvereistes uitermatig strenger toepas wat lei tot ’n vermindering van 90% in wettige immigrasie.

Meer as 850,000 mense het uit Venezuela na Peru gevlug weens die verslegtende omstandighede onder die regime van President Nicolas Maduro.

Die Minister van Buitelandse Sake in Peru, Nestor Popolizio, het aan joernaliste gesê Peru is verplig om sy inwoners te beskerm teen verdringing en daarom word strenger maatreëls toegepas by die grense om onwettige immigrante te identifiseer en te keer dat hulle nie die land binnekom nie.