Pers kap Ramaphosa

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, se lofrede van Robert Mugabe het skerp kritiek vanuit eie en liberale geledere ontlok. 

Ramaphosa se beskrywing van Mugabe as ʼn “uitstaande leier” in Afrika is volgens die media ʼn klap in die gesig van miljoene Zimbabwe inwoners wat na SA moes vlug vanweë Mugabe se beleid en skending van mense regte.  Ramaphosa word nou openlik beskryf as karakterloos en ʼn verkleurmannetjie wat vandag so sal sê en more weer sy standpunt sal verander net om in die guns te wees van sy hoorders.

Die menings wat toon dat dit nou selfs slegter gaan met Suid-Afrika as to Zuma aan bewind was, word uit verskeie oorde aanvaar, en bestaan die vermoede dat hy nie lank as president sal dien nie.