Pentagon bewillig miljarde vir grensmuur

Die Pentagon, wat die begroting van die VSA weermag bestuur, en die Departement van Verdediging is, het $3,6 miljard bewillig vir oprigting van die grensmuur.

Die Pentagon se besluit kom nadat die Huis van Verteenwoordigers, wat deur die Demokrate beheer word, geweier het om geld beskikbaar te stel vir die oprigting van die grensmuur tussen die VSA en Meksiko.

Die Pentagon het geld wat vir ander projekte begroot was, en nie aangewend is nie, beskikbaar gestel vir die bou van die grensmuur.

Die Demokrate het probeer om die optrede te kritiseer, maar kiesers het verskeie presidentskandidate teengestaan en gesê dit is ’n goeie besluit wat die veiligheid van Amerikaners verbeter.

Met die bedrag beskikbaar, sal die muur verder gebou kan word, en kan meer as 280 kilometer afstand van ’n grensheining voorsien word.