Parlement se stoep praatjies

Die parlementslede se gebabbel in die parlement is om van siek te word, veral as hulle na ’n ernstige reeks voorvalle, skielik reken iets moet gedoen word.

Dit is die mening van ’n politieke analis na aanleiding van die reeks verkragtings wat op kampusse regoor Suid-Afrika plaasgevind het.

Hy sê elke parlementslid wil praat oor die aangeleentheid, uiter ’n klomp dreigemente, reken dis tyd om op te tree teen die misdaad, en daar stop alles.

Hy sê die parlementslede dink as hulle bors skoongemaak het oor die verkragtings, en genoeg gesê het wat betref die onderwerp in bespreking, dan is die saak gewen en sal geen verkragting ooit weer plaasvind nie.

Die afgelope week is tientalle verkragting aangemeld wat op kampusse wat die vroue studente angsbevange laat terwyl geeneen van die misdadigers aangekeer is nie.

Dit is juis hierdie optrede en toestand wat skrikwekkend is, en die gepraat in die parlement, sonder om wetgewing en maatreëls goed te keur, is die land se ondergang, het hy gesê.