Pakistan sal volledig reageer teen Indië


Minister Imran Khan

Pakistan se Eerste Minister, Imran Khan, het skerp gereageer teen Indië en gesê die dispuut met Indie oor die stad Kashmir het nou die wêreldleiers ook betrek by die geskil.

Premier Kahn sê die mees moontlik volledige reaksie oor Indie se optrede kan verwag word, en die wêreld se gemeenskappe sal verantwoordelik wees vir enige “katastrofiese” gevolge.

Deskundiges sien die opmerkings as ’n voorbereiding vir ’n oorlog tussen twee kernwapen moondhede, en kan ’n gevaarlike wending inneem.

Die Eerste Minister het die Azad Kashmir parlement toegespreek met die 72 ste Onafhanklikheidsdag herdenking se verrigtinge.

Die moontlikheid van ’n herhaling van die 1965 oorlog tussen die twee moondhede, laat die kommer op internasionale vlak toeneem, en is die optrede van Indië om die onafhanklikheid status van Kashmir in te kort, die grootste rede vir konflik wat al nader na ’n volskaalse oorlog neig.

Die Minister van Verdediging in Pakistan sê sy land sal nie die huidige veranderings wat deur Indië ingestel is in Kashmir aanvaar nie, en sal ook nie die stad in die steek laat nie.