Oudste Reisagentskap gooi handdoek in

Die wêreld se oudste reisagentskap het sy funksie wat hy vir dekades verrig het, gestaak en die Britse regering het bevestig dat hy die reisigers sal help.

Thomas Cook Reisagentskap word beskou as die oudste in die bedryf, maar het nou besluit om sy deure te sluit.

Die optrede beteken dat sowat 20,000 werknemers se inkomste verlore is, en meer as 600,000 reisigers sal van alternatiewe agentskappe moet gebruik maak wat nou iewers, vêr weg van hulle tuistes is.

Die Britse regering het gesê mense wat gestrand is vanweë die sluiting van Thomas Cook, sal bygestaan word, en Duitsland het ook maatreëls in plek om bystand te verleen.

Die reisagentskap het Maandag in duie gestort en duisende mense regoor die wereld gestrand gelaat, waarvan duisende personeel van die agentskap is.

Thomas Cook Reisagentskap was 178 jaar lank in bedryf, maar het klaarblyklik ’n vrywillige likwidasie proses aanvaar wat dadelik van krag is.