Orkaan Dorian se skrikwekkende gevolge

’n Week nadat die orkaan Dorian sy verwoestingswerk gedoen het in die Bahama Eilande, het opnames getoon dat 2,500 mense vermis word.

Dit bevinding deur die Ramp Beveiligings Dienste van die eilande sê daar bestaan geen sekerheid of die vermiste mense nog lewend gevind sal word nie.

Meer as 5,500 mense van die verwoeste gebied moes na die Nuwe Proviinsie oorgeplaas word nadat hulle alles verloor het .

Die eilande is vir drie dae onophoudelik geteister deur die orkaan, en alhoewel dit nog onseker is wat die werklike omvang van die skade is, word dit geraam om miljarde dollar, en kan dit etlike jare neem voor die gebied weer opgebou is tot wat it was.

Tot hede is 50 slagoffers se lewelose liggame in die puin gevind, en word die soektog na die vermistes onverpoos voortgesit.