Oostenryk: Konserwatiewe Kurz op wenpad

Die dinamiese jongman van Oostenryk, Sebastian Kurz, is volgens die jongste meningspeilings weer op die wenpad om Oostenryk te regeer.

Kurz was die land se kanselier in ’n koalisie regering saam met die nasionalistiese Vryheidsparty, maar die partyleier was in ’n korrupsie skandaal betrokke wat die koalisie regering uitmekaar laat spat het.

’n Opvolg verkiesing is geskeduleer en peilings toon dat Kurz weer die meerderheid stemme sal trek, maar of hy weer ’n koalisie sal aangaan met die nasionaliste, is nie bekend nie alhoewel die Vryheidsparty intussen ’n nuwe leier gekies het wat bereid is om saam met Kurz die koalisie regering te vorm.

Peilings toon dat Sebastian Kurz se Volksparty vêr voor enige ander party is, en met die verwagte 34$ steun, kan hy as die kanselier met enige party in ’n koalisie regeer, word deur politieke ontleders beweer.