Ontploffing op tenkskepe tref bemanning

’n Ontploffing en brand wat op twee olie tenkskepe in ’n Suid-Koreaanse hawe ontstaan het, het minstens nege bemanningslede ernstig beseer.

Die brand kon redelik vinnig onder beheer gebring word, maar die bemanning wat brandwonde opgedoen het, is inderhaas na hospitale geneem vir behandeling.

Die ontploffing wat op die Stolt Groenland, ’n 25,000 ton Cayman Eiland tenkskip wat onder die eiland se vlag vaar, het ook 25 bemanningslede aan boord waarvan sommige van Russiese oorsprong is.

Die hewige ontploffing het veroorsaak dat die brand ook spring na ’n ander olie tenkskip waarvan die identiteit met die ter perse gaan, nie bekend was nie.

Die onbekende skip se bemanning van 21 is vinnig gered en geeneen het enige letsels opgedoen nie.

Die Suid-Koreaanse kuswag het met ’n intensiewe ondersoek begin om vas te stel wat tot die gevaarlike situasie aanleiding gegee het.