OB word weer gedagvaar

’n Klaer wat die Openbare Beskermer glo genader het  oor ’n voorval van 10 jaar gelede, wil nou ’n eis van R350,000 teen haar instel omdat sy nie bereid was om die aangeleentheid te ondersoek nie.

Die klaer het glo ’n saak gemaak teen ’n senior lid van die Limpopo kantoor van die Openbare Beskermer, en die saak gewen.

Die klaer, ene Nchaube Peter Seabi, beweer dat die hoof van die OB kantoor in die noordelike provinsie, Hamilton Samuel, in 2011 beledig het in die kantoor van die OB maar dat die Openbare beskermer geweier het om die aangeleentheid t ondersoek.

Die aangeleentheid is egter redelik deurmekaar, en of die klaer ’n sterk saak kan uitmaak teen die OB, sal die tyd leer.