OB sal termyn klaarmaak

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het in ’n toespraak gelewer by die sewende Jaarlikse “Spring Law” konferensie in Muldersdrif van die geleentheid gebruik gemaak om haar saak te verdedig wat sy in verskeie hofsake verloor het.

Sy sê sy is nie bekommerd oor wat gesê en geskryf word nie, want sy is daarvan oortuig dat sy haar volle termyn as OB hoof sal uit dien.

Sy het met ’n bravade gesê sy sal geen hindernisse wat in haar pad gelê word, duld nie.

Sy kon haar toespraak glo “vrye teuels” gee voor die regstudente by die Universiteit van SA waar die konferensie gehou is.

Sy het glo staande gebly te midde van Cyril Ramaphosa en Pravin Gordhan se aanslae, en wil glo voortgaan om haar werk te doen ongeag wat die media daarvan dink.

Sy het nie gesê hoe sy die meer as R1 miljoen aan hokoste betaal gaan kry nie.