OB ontevrede met regbank

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het gesê die Suid-Afrikaanse regsposisie het radikaal verander sedert haar aanstelling.

Die mag wat haar kantoor gehad het tydens die ampstermyn van Madonsela, is nie meer van toepassing nie.

Sy het die bewering gemaak tydens ’n toespraak wat sy in haar hoedanigheid as Openbare Beskermer gelewer het voor ’n uitgelese gehoor by die Universiteit van Johannesburg.

Busisiwe Mkhwebane het oor verskillende aspekte aangaande haar werk en haar kantoor se funksies gepraat en bygevoeg dat haar woord deur die howe gerespekteer moet word.

Sy sê daar bestaan geen red waarom sy ’n blinde oog sal draai teen iets wat nie reg is nie, maar kenners reken sy probeer haarself regverdig teenoor Hooggeregshof uitsprake waarteen sy nie wou appelleer nie.