Nuusflitse

SAKP waarsku oor breuk met ANC

Die SA Kommunistiese Party het hul wens om steun te onttrek aan die ANC herhaal.  Volgens Solly Mapaila kan die ANC nie meer die SAKP se steun as vanselfsprekend aanvaar nie en kan die SAKP in 2021 dalk die plaaslike verkiesings onder eie vaandel beveg. 

Brandstof prys styg

Die prys van 95 oktaan brandstof styg Woensdag met 18 sent terwyl 93 oktaan daal met 4 sent.  Boere en Diesel verbruikers moet 25 sent per liter meer uithaal eerskomende Woensdag 2 Oktober.