Nuusflitse

Eskom se kortlys

Eskom het ʼn kortlys bekend gemaak van drie kandidate vir die pos van Hoof Uitvoerende Beampte. Andy Calitz en Jaco Maroga is twee van die drie kandidate wie se name genoem is.  Maroga was in beheer van Eskom maar is in 2010 ontslaan. Sy aansoek waarin hy gemeld het dat hy onwettige ontslaan is,  is van die hand gewys.  Calitz is ‘n vorige HUB van LNG Canada en het ook verskeie poste by Royal Dutch Shell beklee.

Motsoeneng het 45 sake teen hom

Die Spesiale Ondersoek Eenheid het genoeg getuies gevind van finansiële onreëlmatighede teen Hlaudi Motsoeneng.  Dit is voldoende om vervolging in te stel of om saam met die SABC ʼn siviele eis teen hom in te stel .  ʼn Bedrag van R560 miljoen word genoem in talle Hoë Hof sake en dissiplinêre en kriminele optrede volg.

Baragwanath Hospitaal ʼn oorlog sone

Die trauma en nood eenheid van Baragwanath hospitaal het die afgelope jaar meer as 84,000 pasiënte behandel.  Dit kom neer op 7,000 gevalle per maand.  Meer as 22,000 gevalle word direk verbind met geweld en pad ongelukke.

Polisie aangeval

Twee verkeersbeamptes is by ʼn vulstasie in Kaapstad deur huurmotor bestuurders aangeval.  Dit is die tweede voorval in minder as ʼn week . Respek vir gesag bestaan nie meer in sekere dele van die land nie en kan ook toegeskryf word aan die optrede van polisiebeamptes wat dikwels betrokke is by misdadige bedrywighede.