Nuusflitse

Ekonomie in vryval?

Die SA ekonomie het sy afwaartse siklus voortgesit.  Dit is nou die 70ste maand wat daar geen positiewe tekens is van groei nie. Dit is die slegste sedert 1945, wat kort na die Tweede Wêreldoorlog is.  Apartheid kan dus nie die skuld hiervoor kry nie.  Stygende skuld, die kommer oor Eskom se impak op die ekonomie en die werkloosheid van meer as 29% het die land se status as ‘n beleggingsbron ernstig geknou.  Aanbevelings deur die Reserwe Bank en sake groepe aan die regering om strukture in plek te kry om die ekonomie te stimuleer is deur die ANC se bondgenote verwerp.

Nog ‘n staking?

Numsa het die motor bedryf kennis gegee dat hulle ‘n staking oorweeg nadat eise van die vakbond deur werkgewers verwerp is.  Numsa eis vervoer en nag-skof toelaes vir motorhawe werknemers. Indien daar nie aan eise gehoor gegee word teen 30 September 2019 nie,  sal hulle oorgaan tot ‘n landswye staking.

Franse premier wil nou immigrasie stop

Die Franse premier Emmanuel Macron is nou skielik besig met ‘n “strenger” beleid om instroming van immigrante te stop.  Dit is volgens Macron nodig om te voorkom dat kiesers nog meer na regse partye sal beweeg.  Marine Le Pen en haar Nasionale Rally Party het sterk steun opgebou met haar anti-immigrasie standpunt.