Nuusflitse

Polisie betrokke by dwelm handel

Karen Meyer van die Pretoriase Veiligheids en Nooddienste het ‘n verklaring uitgereik waarin sy meld dat SAPD lede betrokke kan wees by dwelmhandel in Pretoria.  Meyer het ‘n beroep gedoen op die Gauteng kommissaris van Polisie Lt-genl Elias Mawela om die aantygings te ondersoek .

Prasa verwelkom hofbeslissing

Die passasiers spooragentskap Prasa het die Hooggeregshof se uitspraak verwelkom teen ʼn vorige werknemer wat betrokke was by korrupsie en sy voorlegging van vals kwalifikasies.  Daniel Mthimkhulu is vier jaar gekede afgedank weens beweerde korrupsie en sy valse kwalifikasies as inginieur. Hy was betrokke by die Swifambo kontrak van R3,5 miljard waar treine aangekoop is wat te groot is vir SA spoor stelsels. Mthimkhulu is beveel om R5,7 miljoen terug te betaal aan Prasa.