Nuusflitse

Wes-Kaap se R1 miljard vir wetstoepassers

Die Wes Kaap regering gaan meer as R1 miljard spandeer om 3,000 nuwe wetstoepassers op te lei. Volgens Alan Winde moet daar ernstige maatreëls getref word om misdaad in die Kaap te bekamp. Statistiek toon dat die moord  verhouding in die Wes Kaap tans op 60 vir elke 100 000 inwoners.

Skool chaos ʼn “positiewe probleem”

Leerlinge se optrede by ʼn hoërskool in Isipingo, waar skoolmeubels vernietig is,  word deur die departement van onderwys as ʼn “positiewe probleem” beskryf. Die anargie deur leerders volg na die aankondiging dat die huidige skoolhoof gaan aftree en hy opgevolg gaan word deur die adjunk-hoof. Die leerders se siening van die hoof word geloof deur die departement.

Staats hospitale beleef tekort

Die Gesondheid Departement het aangekondig dat hul besig is om maatreëls in plek te kry om die tekort aan sekere medisyne by staatshospitale aan te spreek.  Pyn medikasie, chroniese medikasie vir psigiatriese pasiënte en voorbehoedmiddels is van die belangrikste tekorte wat ervaar word. Die toedrag van sake moet gesien word in die lig van die regering se plan om ‘n Nasionale Gesondheid stelsel te implementeer.