Nuusflitse

SAW bly in die Kaap

ANC president Cyril Ramaphosa het die SAW se ontplooiing in die Kaapse Vlaktes verleng tot Maart 2020. Die weermag moet in samewerking met die polisie poog om misdaad te bekamp en wet en orde te herstel in die gebied.  Polisie het  in plekke soos Bonteheuwel gefaal om wet en orde te handhaaf.

Anc erken sy onvermoë

Die ANC het ʼn beroep op die ander bevrydings organisasies in die land gedoen om aanvalle op uitlanders te beveg. Volgens Ace Magashule is die aanvalle die werk van kriminele wat daarop uit is om die land te destabiliseer en dit kan Suid Afrika ekonomies isoleer.

Rand verswak

Die Rand het verswak te midde van die naweek se aanval op Saudi Arabië se raffinerings fasiliteite.  Vyf persent van die wêreld se olie produksie word geraak deur die aanval en die olieprys het met bykans 20% gestyg wat beteken die brandstofprys sal ook verhoog.