Nuusflitse

Sekretaris van Parlement afgedank

Daar is aangekomdig dat die Sekretaris van die parlement, Gengezi Mgidlana afgedank moet word. Hy is op sewe klagtes skuldig bevind terwyl hy op ses klagtes onskuldig bevind is weens ‘n gesprek aan bewyse. Mgidlana is reeds in Junie  2017 op spesiale verlof geplaas met volle voordele en is nou, byknas twee jaar later,  eers afgedank.

SAA, SA Express en Mango saam?

Die kabinet gaan binnekort ingelig word rondom die samesmelting van SAA, SA Express en Mango.  So ‘n voorstel is reeds in 2017 gemaak wat getoon het dat dit tot voordeel van alle entiteite sou wees indien daar ‘n samesmelting sou wees.   Die kabinet sal nou moet bepaal hoeveel geld in die konsolidasie proses gestort moet word.