Nuusflitse

Vragmotor geweld spoel oor

Die sinnelose vernietiging van vragmotors het oorgespoel na die Wes-Kaap.  Drie trokke is gedurende die nag van 9 September 2019 met petrolbomme bestook op die N7 roete van Kaapstad na Namibië. Die eerste aanval was naby Porterville, daarna by Moorreesburg en later by Piekenierskloof.

 ʼn Vierde trok is op die N2 naby Lwandle deur brandstigters vernietig. 

Toeris verkrag

ʼn Israeli toeris is by ʼn gasteplaas in Graskop verkrag deur vier mans terwyl haar metgeselle aangerand en beroof is.  Die toerisme bedryf word al hoe meer negatief beïnvloed weens die wettelose toestand wat daar in die land heers.