Nuusflitse

Wet en orde

Die ANC het ‘n “ernstige” beroep gedoen op die owerhede om stappe te neem om wet en orde te herstel in Johannesburg se sentrale sake gedeelte. Hostel bewoners eis dat vreemdelinge die gebied moet verlaat. Intussen het die polisie aangekondig dat ten minste 12 persone gedood is tydens die vlaag van vreemdelinge aanvalle. 

DA verminder poste

Na die DA se swak vertoning in die afgelope verkiesing is aangekondig dat poste landswyd heroorweeg word terwyl bonusse vir eers ook nie betaal gaan word nie. Volgens die party is baie lede ontevrede met die vertoning van die party tydens die verkiesing nie.