Nuusflitse

Moorde in SA

Terwyl die debat oor geweld teen vroue en kinders voortgaan is plaasmoorde en moorde op blankes klaarblyklik van geen belang vir die regering.  Die nuutste geval is waar mev. Miemie Frost se liggaam in die begraafplaas in Bethlehem gevind is na ‘n plaasaanval in die Kaalllaagtepad se omgewing.. Vrydag is Wynand Labuschagne by sy huis in Benoni dood geskiet deur aanvallers.

Tronkvoëls ontsnap

Dertien verhoorafwagtende prisoniers het uit polisie aanhouding ontsnap uit die selle in Seshego naby Pietersburg.  Die dertien ontsnaptes is aangekla vir  rooftogte en oortredings van die Immigrasie Wet.

Uit eie mond…

Zimbabwe se president het ʼn “unieke” aankondiging gemaak tydens die Wêreld Ekonomiese Forum in Kaapstad.

Hy sê sy land het ʼn ekonomie wat in duie gestort het, die land het ʼn geld eenheid wat in duie gestort het en geeneen van sy kabinetslede het nog ʼn ineengestorte geldeenheid beleef nie.  Dit is klaarblyklik ʼn ongeëwenaarde prestasie, volgens hom.