Nuusflitse

Rowers gehelp deur polisie

Die Instituut vir Sekuriteit Studies se navorser Johan Burger,  het in ‘n verklaring gesê dat kontant-wa rowers verklaar het dat hul gehelp word deur polisiebeamptes, staatsaanklaers, magistrate en selfs regters. 

Tukkies staan

Die Universiteit van Pretoria se klasse is opgeskort na protes optrede teen geslag-gebaseerde geweld. Toets roosters is opgeskort en sal later herskeduleer word.  Dit volg na Universiteit Kaapstad se lesing ook opgeskort is.  Geweld is besig om daagliks toe te neem en dit blyk dat die owerhede nie in staat is om  geweld te beheer nie.

Malema en xenofobie

Dit lyk asof Julius Malema nou heeltemal die kluts kwytgeraak het. Swart aanvalle op swart uitlanders word nou voor die deur van Blankes gelê.  Volgens hom veroorsaak blankes ’n vyandigheid onder swartes en dit lei tot die huidige onrus. Blankes verkies glo uitlanders bo plaaslike werkers en dan word daar aan die plaaslike volk vertel dat die uitlanders hul werke neem. Dit lei tot self-haat onder swartes.