Nuusflitse

Animaal Farm

Die lede van die parlement in die ruwe Suid Afrika het ʼn verklaring uitgereik dat hulle alle pogings sal toestaan wat daarop gemik is om hulle voordele te snoei. 

Sommige dring selfs aan dat daar nog voordele bygevoeg moet word by die bestaande gratis vliegtuig reise, akkommodasie en etes. 

Waarnemers wys daarop dat dit gesien moet word in die lig van hulle salarisse wat wissel van R1,2 tot R2,4 miljoen, afhangend watter ampte hulle beklee in die parlement. 

Dus was George Orwell nie verkeerd in sy boek Animaal Farm nie, want almal is gelyk, maar sommiges is net meer gelyk en geregtig op hul ruim vergoedings.

Stilte en vrede

Daar was die afgelope Sondag ʼn kort uurtjie van stilte oor die eter toe die SABC vir ʼn tyd “van die lug” af was.  RSG, Metro FM, Radio 2000 en SAFM was beïnvloed deur ʼn kragonderbreking in die Auckland Park omgewing.  Die bystand kragopwekkers was onklaar en wou nie aanskakel nie.

Weermag tyd in Kaap ten einde?

Die moontlikheid bestaan dat die Weermag troepe oor minder as 16 dae gaan onttrek aan die Kaapse Vlakte waar hulle ontplooi is om bende geweld te probeer stop.  Moorde het wel n geringe afname getoon, maar die gebied is ver van rustig en gestabiliseer.