Numsa kry salaris ooreenkoms

Die vakbond,  Nasionale Unie vir Metaalwerkers (Numsa), het na maande se onderhandelings om ’n 20% salarisverhoging vir sy lede te beding, op minder as 50% daarvan geskik.

Die vakbond, wat die grootste in Suid-Afrika is, en wat weinig meer doen vir sy lede as om gereeld nuwe salarisse beding, het klaaglik misluk in die afgelope maand se onderhandelings, maar nogtans veel meer gekry as wat deur kenners as billik beskryf is.

Die lede sal met die eerste jaar ’n 9% verhoging kry, en ’n 7% vir die daaropvolgende twee jaar wat aansienlik minder is as die 20% wat aan lede voorgehou is.

Finansiële deskundiges wys egter daarop dat die vakbonde almal onder dieselfde kam geskeer kan word as instansies wat die ekonomiese agteruitgang in die land bevorder.

Die vakbonde sorg vir onredelike salaris verhogings, groter byvoordele, maar doen niks om beter produktiwiteit en minder stakings te bevorder nie.