Noord-Korea twyfel oor vordering met VSA

Noord-Korea het die naweek in ’n verklaring gesê ’n tekort aan deeglike prosesse met die implementering van ooreenkomste met die VSA se president, Donald Trump, laat twyfel bestaan of vordering moontlik is.

Die moontlikhede vir ’n toekomstige onderhandelings poging word gesien as ’n luukse weens die feit dat vordering met toepassing van ooreengekome aspekte nie werklikheid word nie.

Ingeligte bronne sê die onderhandelings tussen President Donald Trump en die leier van Korea, Kim Jong-Un, het weinige vordering getoon, en is die opheffing van ’n volgende ontmoeting nie uitgesluit nie.

Die beskuldiging is gemaak dat die VSA nog niks gedoen het nie, terwyl Noord-Korea alles nagekom het wat in die eerste ontmoeting se gesamenlike verklaring aanvaar is.

Kim Jong-Un beweer ook dat Trump ingestem het om nie verdere gesamentlike militêre oefeninge te hou met Suid-Korea nie, en het voortgegaan om weer in Augustus die oefeninge uit t voer.

Die VSA ontken egter dat hy op enige stadium so ’n onderneming gegee het, en het voortgegaan met die gesamentlike oefeninge.

Verskeie nie-amptelike adviseurs het president Trump gewaarsku dat die Noord-Koreaanse leier nie ’n betroubare ondernemer is nie, wat later duidelik geword het deur een van sy kernwapen aanlegte te verswyg, wat Trump laat besluit het om die onderhandeling te staak en die lokaal verlaat het.