Noord-Korea ontwikkel reuse vuurpyl

Doe wapen wedloop het oorgespoel na Noord-Korea nadat dit bekend geword het dat die suidelike buurstaat miljarde dollar begroot het vir die opgradering van sy militêre toerusting.

Kin Jong-Un het die afgelope week ’n super groot meerdoelige vuurpyl lanseer wat deel uitmaak van sy wapen ontwikkeling program.

Die kommunistiese staat het ’n reeks oefeninge uitgevoer met kort afstand missiele slegs enkele ure nadat die leier, Kim Jong-Un bevestig het dat ’n volgende rondte samesprekings met President Donald Trump aan die einde van September gehou sal word.

Kenners wys daarop dat Kim voor elke ontmoeting met Trump, ’n nuwe missiel toets ten einde te demonstreer hoe die land se wapentuig ontwikkelings program voortgaan, en met die doel om die VSA te probeer intimideer.