Noord-Korea: kleinste graanoes in jare

Ernstige droogtetoestande in die kommunistiese skiereiland, Noord-Korea, is nie die land se enigste rede waarom hongersnood op die drumpel staan nie.

Die graanoes is vanjaar die kleinste wat dit nog was in die afgelope vyf jaar, en die vooruitsigte op beter toestande is skraal, terwyl die land swaar kreun onder sanksies weens sy kernwapen ontwikkeling.

Minstens 40% van die land se bevolking se vooruitsig op gereelde maaltye sal vanjaar nie te bowe gekom word nie.

Die droogte is egter nie die enigste rede waarom die oeste veel kleiner is nie, want swak besproeiings metodes, ’n groot ekonomiese insinking weens di sanksies het bygedra tot die situasie.

Die land se swak rys en mielie oeste sal meebring dat meer as 10 miljoen mense gaan sukkel om aan die lewe te bly, en die Verenigde Nasies het gewaarsku dat dit kan li tot ’n nasionale ramp in Noord-Korea.