Nog korrupsie van miljoene rand

’n Senior ondersoek span is besig om bedrog, korrupsie en wanadministrasie na te gaan waar daar na bewering kontrakte betrokke is in die Sedibeng munisipaliteit.

Sedibeng is in Vereeniging en die munisipaliteit se werksaamhede word nou ondersoek oor beweerde bedrog van meer as R150 miljoen.

Godfrey Lebeya van die Valke eenheid het senior ondersoekers aangestel om die beweerde bedrog na te gaan wat deur ’n groep van meer as 600 mense in ’n optog onder die Valke se aandag gebring het.

Die optog wat in Pretoria gehou is het klaarblyklik as sneller gedien om die Valke te aktiveer tot optrede, maar kenners reken die ondersoek kan maande duur en bedenkinge bestaan oor die moontlikheid van vervolging.