Nee Ramaphosa, nee

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, se aankondiging dat parlementslede se voordele en vergoeding verminder moet word om te dien as voorbeeld vir die land, word sterk teengestaan.

Die voordele, soos gratis vliegtuig ritte, gratis etes, gesinne wat deel in die gratis voordele, is reeds wyd gekritiseer deur belastingpligtige kiesers, maar nou kry die president die wind van voor.

Parlementslede uit alle oorde skop ’n lawaai op oor die besparings wat ingebring word, en die ANC parlementslede is van die grootste klakouse en sê dit vergoeding moet verhoog word, en nie verminder nie.