Nee Johnson, sê Finland

Die Eerste Minister van Finland, Antti Rinne, het in ’n verklaring gesê daar sal geen nuwe onderhandelings vir ’n nuwe ooreenkoms met die Europese Unie gehou word oor Brexit nie.

Die Finse premier het as roterende voorsitter van die Europese Unie, alle moontlikheid vir hernude onderhandelings met die Britte in geen onduidelike taal verwerp.

Hy sê die EU gaan nie die ooreenkoms wat aangegaan is, heropen tussen Brittanje en Brussel nie.

Ingeligte bronne sê die opmerking is ’n bevestiging dat Brittanje twee opsies het, naamlik om uit te tree met die ooreenkoms soos Theresa May beding het, of uittrede sonder ’n ooreenkoms.