Moyo en Old Mutual steeds oorhoops

Peter Moyo

Die versekerings reus Old Mutual weier steeds dat die Hoof Uitvoerende Beampte, Peter Moto, wat afgedank is, weer sy plek inneem in sy kantoor.

Die Hooggeregshof het beveel dat Moyo in sy amp herstel word, maar die maatskappy weier om Moyo weer in diens te neem.

Moyo se regsverteenwoordiger het gesê Old Mutual moet sy kliënt toelaat om sy pligte te hervat, maar die werkgewer sê di regsman is nie die regter nie.

Old Mutual sê slegs ’n regter het die finale sê of die versekerings maatskappy Peter Moyo moet terug neem as werknemer.

Na wat berig word het die maatskappy nou reeds vir ’n derde keer Peter Moyo verbied om weer in sy kantoor plek in te neem.

Regter Brian Mashile het beveel dat Moyo tydelik in sy amp herstel word, maar die versekerings maatskappy het Moyo elke keer belet om sy posisie in te neem.