Molefe steeds agterstallig

Brian Molefe

Die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom, Brian Molefe, het nog steeds nie die miljoene Rand wat hy ontvang het van die kragvoorsiener, terugbetaal nie.

Molefe het klaarblyklik miljoene Rand as persoonlike pensioen gekry wat ingevolge ’n hofbevel terugbetaalbaar is, maar wat nou in dispuut is.

Hy het na bewering R10 miljoen om terug te betaal, wat ’n aanduiding is van hoeveel geld hy per maand in sy sak gesteek het tydens sy dienstermyn.

Na wat berig word, beweer hy dat hy “slegs R3 miljoen” gekry het, maar nou het die Eskom Pensioen Fonds aansoek gedoen by die hof om meer duidelikheid te kry oor die situasie.

In gevolge die hof se beslissing, het Molefe slegs ’n week tyd gehad om die terugbetaling te maak, maar nou lyk dit of Molefe ’n dispuut het oor die bedrag, en sê die hog het ’n fout gemaak met bepaling van die bedrag.