Merkel regering meer ongewild

AFD vreugde

Verkiesings in twee deelstate in die oostelike deel van Duitsland het die afgelope naweek plaasgevind wat daarop dui dat Kanselier Angela Merkel se koalisie regering al meer ongewild raak by kiesers.

Die koalisie tussen die Christen Demokrate Unie (CDU) van Merkel en die Sosialistiese Sosiaal Demokrate Party (SDP) het nie daarin geslaag om die kiesers te behou nie, en hulle gewend tot die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD).

Die verkiesings in Brandenburg en Saxon is nie noodwendig ’n barometer vir ander deelstate nie, maar is ’n aanduiding van ’n swaai na regs in die land.

Die voorlopige uitslag toon dat die AFD nou die derde grootste politieke party in beide die twee deelstate is met 23% steun teenoor Merkel se CDU se 35%.