Meer verset teen Sjinese oorheersing

In die klein staat, Kazakhstan, het polisie in twee van die grootste stede hardhandig opgetree teen ’n optog waartydens protes aangeteken is teen die Sjinese invloed in die gebied van Sentraal Asië.

Die polisie het selfs ’n voorval wat nie dikwels in die land gesien word, toegepas toe hulle ’n vrou wat deel van die optog was, uiters hardhandig hanteer het.

Die optoggangers is bekommerd oor die toenemende investering van Sjinese in hulle land, terwyl al meer Sjinese goedere op die winkelrakke verskyn.

Die plan om al meer Sjinese nywerhede en handelsware in die land toe te laat, het toenemende verset ontlok by kiesers.