Meer lande draai teen Iran

Alhoewel die VSA aanvanklik alleen gestaan het in sy bskuldiging dat Iran agter die aanval sit wat deur die Houthi rebelle uitgevoer is op Saoedi Arabië se olie raffinadery, het bewysstukke meer lande laat besef die VSA het ’n korrekte waarneming gedoen.

Brittanje, Duitsland en Frankryk het hulle steun aan Amerika gegee en blameer ook vir Iran dat hy agter die aanval op die olie aanleg sit.

Die drie lande wat tot hede probeer het om die ou kernwapen ooreenkoms met Iran staande te hou, het nou van siening verander en vra dat Iran moet terugkeer na die onderhandelingstafel.

Onderhandelings moet hervat word oor Iran se kernwapen en missiel ontwikkeling sodat ’n nuwe ooreenkoms aangegaan kan word soos wat die VSA meer as ’n jaar gelede gevra het.

Tydens die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering se sitting, het die Britse premier, Boris Johnson, saam met kanselier Angela Merkel van Duitsland en president Macron van Frankryk bymekaar gekom en ’n gesamentlike verklaring uitgereik waarin Iran as die aggressor beskuldig word.