Mediese fonds tariewe styg

Alhoewel dit reeds ’n algemene praktyk geword het dat mediese skemas hulle tariewe jaarliks opwaarts aanpas, bestaan daar kommer dat die vir 2020 aansienlik skerper gaan styg.

Mediese koste in Suid-Afrika het die hoogte ingeskiet terwyl die staatshospitale in chaos is en niemand dit kan waag om daarin toegelaat te word nie.

Diegene wat nie oor ’n mediesefonds beskik nie, se probleme is vel erger as diegene wat nou ’n skerp styging in tariewe moet aanvaar.

Van die skemas verhoog tariewe met tot 11%, wat vir talle lede van ’n skema so hoog geword het dat dit onbekostigbaar is.

Jonger mense kan bekostig om slegs ’n hospitaalplan as pakket uit te neem, maar hoe ouer mense word, hoe meer het hulle ’n omvattende pakket nodig, en dit is waar die finansiële knelpunt kom.