Media sien Ramaphosa as swak

Die linkse media wat ʼn groot ophef gemaak het toe Cyril Ramaphosa die beheer by Zuma oorgeneem het is nou van sy grootste kritici. 

Hy word beskryf as ʼn president wat die pad byster geraak het, swak is en gebind is aan die ANC. 

Sy onvermoë om op te tree teen partylede wat betrokke is by bedrog en korrupsie maak dat sy beeld verder verswak.  Sy openbare optrede toon duidelike tekens van ʼn moeë persoon en iemand wat nie rigting gewend is nie.

Ingeligte bronne reken die nuwe siening oor die ANC se president het sy eerste vonk getoon met ʼn hele aantal onwaarhede wat hy plaaslik en in die buiteland kwytgeraak het.

Sy misleidende verduideliking in die parlement oor die R500,000 wat Bosasa in sy bankrekening gedeponeer het, word steeds beskou as ʼn ernstige oortreding.