Mbalula kry wind van voor

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het die wind van voor gekry met sy onderhandelings oor die bestaan van die omstrede e-rol in Sentraal Transvaal.

Hy het samesprekings gevoer met Outa, die AA agentskap, en verskeie vakbondleiers om standpunte en sienings oor die aangeleentheid te kry.

Mbalula het later aan die media gesê die regering gee tans sterk oorweging aan die moontlikheid om afstand te doen van die e-tol weens die jarelange weerstand wat veroorsaak dat dit op ’n algehele verlies bedryf word omdat 80% van die motoriste weier om die tolgeld te betaal.

Tot hede was die regering onwillig om gehoor te gee aan die eise, en het selfs aangebied om die tolgeld tarief met 70% te verminder, maar dit is van die hand gewys deur talle instansies.