Manuel kap na regter

Trevor Manuel

Die voorsitter van Ou Mutual, Trevor Manuel het skerp gerageer nadat die versekerings maatskappy weer aan die kortste end getrek het met die stryd teen Peter Moyo, die afgedankte hoof.

Manuel het met verwysing na die regter gesê dit is ’n individuele persoon wat toevallig ’n toga dra wat uitspraak gegee het in die hofsaak tussen Ou Mutual en Moyo.

Manuel het ook gesê hy reken die maatskappy hanteer die saak met Peter Moyo goed, maar sy uitspraak oor die regter, Brian Mashile, se bevinding is nie in lyn met die maatskappy se denke nie.

Ou Mutual het vroeër aangedui dat hy die saak op appèl sal neem, en het Peter Moyo toegang tot sy kantoor geweier nadat die hof beslis het dat hy in sy pos as Hoof Uitvoerende Beampte herstel moet word.