Magtelose, patetiese polisie

Polisiebeamptes was oorheers deur ’n veel groter aantal misdadigers en boonop het die polisie slegs hul handwapens gehad, met die gevolg dat hulle geensins opgetree het nie.

Die toestand het in Turffontein geheers waar die plunderaars van winkel tot winkel gegaan het en na hartelus geplunder en gesteel terwyl die polisie staan en toekyk sonder om ’n vinger te verroer.

Turffontein, Johannesburg, is die afgelope paar dae del van die chaos en nadat die polisie uiteindelik met die misdadigers gebots het, was daar ’n rukkie stilte.

Toe bars die misdadigers in nog groter getalle deur die strate, wat uiteindelik die spanning voelbaar gelaat het, maar sterk optrede was daar nie.

Die plundering het hoofsaaklik die winkels van buitelanders getref toe inwoners van die gebied met hulle strooptogte begin het.

Selfs jong kinders het aan die strooptogte deelgeneem en die eienaars moes hulle haastig uit die voete maak om nie beseer of gedood te word nie.