Magashule: Wit monopolie bestaan steeds

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sê as wit monopolistiese kapitaal hergedefinieer word as monopolistiese kapitaal, sou studente minder aggressief daarteen geveg het.

Hy sê die wit monopolistiese kapitaal bestaan en dit is ’n werklikheid wat nie sal verdwyn nie.

Ace het die vreemde opmerkings gemaak tydens ’n geleentheid by die Universiteit van Witwatersrand, waar hy studente toegespreek het met die tema om ’n basis te bou in die huidige politieke bestel.

Hy het die ANC retoriek weer gebruik van die studente wat nou kan studeer nadat die vryheidsbewegings dit moontlik gemaak het.

Hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te sê die EFF het geen reg om die konsep van ekonomiese vryheid op te eis nie aangesien die ANC dit jare gelede begin het as ’n strewe.