Leier van Skotse Konserwatiewes bedank

Ruth Davidson

Ruth Davidson, leier van die Konserwatiewe Party in Skotland, het Vrydag haar bedanking aangekondig en gesê die Brexit saak asook haar familie is die hoof rede vir die besluit.

Davidson was ’n steunpilaar van die Konserwatiewe Party gedurende die agt jaar wat sy as leier diens gelewer het, en haar uittrde is ’n harde hou vir die Britse Eerste Minister.

Sy was ook ’n gedugte teenstander van Nicola Sturgeon en haar Skotse Nasionale Party, wat tans die regerende party van Skotland is en daarop ingestel is om ’n referendum te hou oor onafhanklikheid vir Skotland.

Sy het tydens die referendum van die Verenigde Koninkryk ook haar steun saam met haar partygenote gegee aan voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie.