Lae intensiteit oorlog

Volgens die Instituut van Rasse Verhoudings (IRV) lyk misdaad statistiek soos ‘n lae intensiteit siviele oorlog.  Suid Afrika is volgens die verslag steeds besig om die stryd teen kriminaliteit te verloor.

Die inwoners van die land lewe elke dag onder ‘n dreigende wolk van anargie.  Die Instituut toon aan dat moorde gestyg het tot 21,000 die afgelope jaar en word SA vergelyk met ‘n land soos Syria. Die verkragtings syfer lyk nog slegter met twee verkragtings vir elke moord wat gepleeg word. Sedert  apartheid afgeskaf is,  is 1,000,000 persone verkrag en 500,000 vermoor.

Kommersiële misdaad het met 14 % gestyg. Meer as 83,000 sake is aangemeld by die polisie.  Die misdrywe sluit in bedrog, korrupsie, geld wassery, vervalsing en kuber misdade. Rooftogte het die 140,000 kerf oorskry terwyl vragmotor kapings meer as 1,180 aangemelde gevalle toon.